"Tydsprong" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #31753] |
Do, 22 Junie 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
TYDSPRONG
Louis Esterhuizen
"(We) are like sand in the hourglass
which can be time only in falling"
Ana Blandiana
En
ons val
uit Gods hand
deur blou stiltes
klipdimensies
van ruimte
en wolke gestroop
van vere
val ons
ten aarde
met ons vlerke
na onder gebuig
soos die arms
van 'n gebreekte
kruis
val ons tyd
binne sand
deur
die uurglas
se dunste
knak
as mens
nie vanwee
opset of moedswil
maar oorlat ons
moeg
is.
|
|
|